Oopplan vertrekke kan pragtig en prakties wees (om nie eers van “trendy” te praat nie), maar daar is soms tye wanneer mens nie nodig het om soveel spasie te hê nie. En dis dan wanneer ‘n binnemuur die beste uitweg kan wees om een groot vertrek op te breek in twee (of selfs meer) kleiner spasies.
Kom ons beloer 10 wenke wat jou anders gaan laat dink oor die wonder van binnemure.
Nie alle mure hoef tot by die plafon te strek nie. ‘n Halfmuur kan nog steeds ‘n tikkie afsondering (selfs privaatheid) besorg sonder om daardie groot vertrek kleiner te maak.
Een van die probleme met mure is dat hulle lig uitblok, maar soos hier gesien hoef dit nie ‘n probleem te wees nie!
Wie’t gesê daardie muur moet perfek pas by die res van die vertrek se styl? Met die regte materiale (soos klip en hout), kleure en teksture kan daardie nuwe muur die hoofpunt van jou vertrek word.
Natuurlik hoef daardie muur nie net een doel (om die vertrek in twee op te breek) te dien nie – wat van iets prakties byvoeg, soos hierdie aanloklike klipkaggel?
Daardie binemuur hoef natuurlik ook nie van punt tot punt te strek nie – kyk hoe susksesvol werk hierdie struktuur om die leefruimte van die kombuis en ingangsarea te skei, en dan het dit boonop ook nog ‘n TV en vertoonkassies!
Jy kan ook die muur só plaas dit meer spasie in die hoek opvat as in die res van die vertrek – skuif net jou meubels en dekor sodat die uitleg prakties is.
Daardie nuwe muur kan of mooi uitstaan of perfek inpas, en om met die tweede opsie te gaan beteken dit jy sal moet kyk watse kleure, patrone en materiale daar in die res van die vertrek gebruik is.
Moenie van muurnisse vergeet nie! Hierdie wonderlike elemente kan ook help met stoorspasie, asook om ‘n muur nie heeltemal so “swaar” te laat lyk.
Al is daar hoeveel reëls wanneer dit by argitektuur en ontwerp kom, moet mens aan die einde van die dag ook mens se eie kop volg. Onthou dat jy die een is wat in die huis moet bly en elke dag in die spasie en struktuur moet vaskyk. Laat dit jou inspireer om of die reëls deeglik te volg, of te eksperimenteer met iets anders.
Kyk gerus na hierdie 7 maniere om oopplan vertrekke te skei.