Die meeste mense droom daarvan om ‘n groter kombuis in hul huise te hê, veral dié wat hou van kook en onthaal rondom die kospotte. Maar die waarheid is dat spasie al hoe minder raak, wat natuurlik beteken huise (en kombuise) is beslis nie meer so groot en ruim soos wat hulle in die goeie ou dae was nie.
Maar dis nie noodwendig slegte nuus nie, want as daar nou een ding is wat ons hier op homify weet is dit dat jy nie baie ruimte nodig het vir baie styl nie – inteendeel, jy kan nog steeds ‘n heel lieflike kombuisie optower met die regte kleure, patrone, meubels en toestelle in die kleinste van spasies, net soos wat hierdie 29 foto’s vandag aan jou gaan bewys…
Moenie hierdie 25 ontwerpwenke vir klein vertrekke misloop nie.