Ons sal nou nie onsself klassifiseer as bygelowig nie, maar sommige ontwerpers is. En natuurlik glo baie mense aan die krag van Feng Shui, daardie antieke Chinese “geloof” wat daarop neerkom dat die plasing van meubelstukke en dekor binne mens se huis bepaal watse soort energie aanwesig is.
Dus, voel vry om hierdie leesstuk met ‘n knippie sout te neem, al is dit nou ook hoe interessant!
Maar kom ons gaan voort – kyk gerus na hierdie 5 foute wat negatiewe energie binne jou huis kan inbring!
Natuurlik moet mens se slaapkamer ‘n plek van rus en harmonie wees, maar sommige mense glo dat ‘n spieël reg oorkant die bed tot verhoudingsprobleme kan lei!
As jy eerder nie daardie kans wil vat nie, stel ons voor jy skuif dit na ‘n ander plek!
Wel dis nou regtigwaar ‘n skande, aangesien ons dol is oor swart voordeure! Hulle lyk net altyd so elegant en stylvol, maar blykbaar stem Feng Shui nie saam nie, tensy daardie swart voordeur na die noorde wys.
Blykbaar het enige voorwerpe met skerp hoeke te doen met die ongeluk; dus, as jy net goeie energie binne jou huis soek, stel ons voor jy raak ontslae van kaktusse en ander plante met dorings.
Plant hulle eerder in jou voor-of agtertuin, en bring ‘n paar sagte plante of blomme na binne.
Die laaste plek waar daardie muurkalender moet hang is by jou voordeur, aangesien dit ‘n sterk herinnering is aan die verbygaande dae (asook die hoeveel tyd wat jy nog oor het).
Voel dit gedurig asof die slegte geluk jou teiken en niks in jou lewe wil regloop nie? Dis dalk omdat daar ‘n prent van ‘n skipbreuk iewers in jou huis is, want Feng Shui vertel vir ons dat dit negatiewe energie aantrek en binne jou huis versprei!
Volgende op ons leeslysie: Die perfekte slaapkamer volgens jou sterreteken.