​Die Durban huis wat baie aandag trek

Johannes van Graan Johannes van Graan
House Ravine, LCN ARCHITECTURE LCN ARCHITECTURE
Loading admin actions …

Vandag op homify 360° gaan ons kyk na ‘n tamaai groot huis, maar dis nie net hierdie skepping se grootte (400 m²) wat ons asems wegslaan nie. Nee, hierdie struktuur in Westville, Durban wat deur LCN Architecture geskep is geniet ook ‘n heel treflike ontwerp wat sommer van die begin af (buite die voorste heining) duidelik is.

Kyk gerus vir bietjie inspirasie…

Kyk net!

House Ravine, LCN ARCHITECTURE LCN ARCHITECTURE

‘n Huis wat so ‘n grootte en styl geniet is mos glad nie skaam nie. Ons kan nie besluit waar om eerste te begin nie – die klip wat so lekker aandag trek; die dubbelverdieping pilare by die voorste ingang; die fraai dakteëls; die perfekte tuin…

Van voor af

House Ravine, LCN ARCHITECTURE LCN ARCHITECTURE

Maar dis nie net die huis self wat aandag trek nie – selfs die heining en hek wat die huis van die straat skei het ‘n treffende ontwerp. Wanneer laas het jy ‘n hek gesien wat maak dat mens stop en staar?

Kreatiewe klip

House Ravine, LCN ARCHITECTURE LCN ARCHITECTURE

Klip was nog altyd ‘n heerlike keuse wanneer dit by argitektuur kom, maar natuurlik word dit net so lekker gebruik vir ontwerp. Kyk net hoe lekker kikker die klip daardie pilare op, en hoe interessant vertoon daardie growwe tekstuur wanneer lig bygevoeg word.

Die agterkant

House Ravine, LCN ARCHITECTURE LCN ARCHITECTURE

Alhoewel daardie treflike styl voortduur aan die huis se agterkant, is die uitleg hierso meer oop, aangesien dit mos hierso is waar mens graag ontspan en sosiaal verkeer. Kyk net na daardie groot stoepe en balkonne. Ons sal glad nie verbaas wees as die argitekte besluit om ‘n swembad hier by te voeg nie!

Van een kus na die ander, kyk net na Die pragtigste huis in die Kaap.

Нужна помощь с проектом дома?
Обратитесь к нам!

Последние статьи